Geen borg vir mans wat glo Wits-student ontvoer

Lees ook :

Mans wat glo Wits student ontvoer het word borg ontken
Mans wat glo Wits student ontvoer het word borg ontken fotokrediet: Canva

Lees ook: Polisie ondersoek ‘sindikaat’ wat glo LGBTQ-gemeenskap teiken

JOHANNESBURG. – Sewe mans wat glo ’n Wits-student ontvoer het, is gister borg in die Johannesburgse landdroshof geweier.

Die NVG het gesê die sewe mans word ook aangekla van poging tot moord en afpersing na hulle glo die student se familie R30 000 gevra het om hom terug te gee.

Die beskuldigdes het glo in September die student op die Grindr-toep gelok na die Denver-manskoshuis waar hulle hom gyselaar geneem het en R30 000 by sy familie geëis het.

Die polisie het een van die beskuldigdes gevang toe hy die losprysgeld gaan trek het. Hy het hulle gelei na die koshuis waar die student gekry is. Die mans is glo aan nog 86 sake soortgelyk aan dié een verbind.

Die saak is tot 15 November vir verdere ondersoek uitgestel.

Bronne: IOL, TimesLIVE, The Africa

Lees ook: Polisie ondersoek ‘sindikaat’ wat glo LGBTQ-gemeenskap teiken

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief