Lees ook: ANC-raadslid beskuldig van verkragting geskors
ORKNEY. – Die Orkney-landdroshof het die geskorste ANC-raadslid, Tebogo Sepale, beveel om ’n beëdigde verklaring na die hof te neem voor sy borgaansoek op 17 November.
Sepale het gister in die hof verskyn waar sy prokureurs gesê is die beëdigde verklaring moet teen 8 November ingedien word sodat die staat hulle papierwerk vir die borgaansoek kan voorberei. Die staat wil die saak na ’n hoër hof laat skuif soos die ondersoek voltooi word.
Sepale (43) word aangekla op 11 aanklagtes, insluitend twee aanklagtes van statutêre verkragting, vier aanklagtes van verkragting, een aanklagte van seksuele intimidasie en een aanklagte van die vervaardiging van pornografie.
Sepale is in hegtenis geneem na ’n saak by die Kanana-polisie teen hom ingebring is. Een van die sake gaan glo oor kaalfoto’s wat Sepale met die slagoffer gedeel het. In die tweede saak is twee aanklagtes van statutêre verkragting teen hom deur ouers van twee seuns (15 en 17) gelê.
Sepale sal in aanhouding bly.
Bronne: IOL, News24, TimesLIVE





