Geliefde leerlinge sterf – nadoodse ondersoek sal gedoen word

Lees ook :

Foto's: St Stithians College

GAUTENG. – Die St Stithians College-gemeenskap in Johannesburg rou oor die afsterwe van ‘n geliefde leerling, Cameron Waldeck-Cooks (17), en oudleerling Ethan Coetzee (19), wat albei volgens die skool diep spore in die Saints-gemeenskap getrap het. Die twee jongmense se liggame is Maandag by ‘n lodge in Sabie gevind. ‘n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van die sterftes vas te stel.

Kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, het aan Nuusflits gesê die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geregistreer.

St Stithians College het op sosiale media bevestig dat Cameron Waldeck-Cooks, ‘n graad 11-leerling, Maandagoggend oorlede is. Sy was sedert graad R in 2015 deel van die skool en het oor 12 jaar ‘n gewaardeerde lid van die Saints-familie geword. Cameron het aktief aan die skoollewe deelgeneem en in roei en netbal uitgeblink. Volgens die skool was sy ‘n toegewyde roeier wat deur haar afrigters en spanmaats vir haar deursettingsvermoë en leierskap gerespekteer is. Sy het ook as mentor vir jonger roeiers opgetree en sal onthou word vir haar vriendelikheid, omgee en vasberadenheid. Die skool het sy innige meegevoel met die Waldeck-Cooks-familie uitgespreek en gesê die gemeenskap staan saam met hulle.

Die skool het ook die afsterwe van oudleerling Ethan Coetzee aangekondig. Ethan, wat sy skoolloopbaan van graad R tot matriek tussen 2013 en 2025 by St Stithians voltooi het, is beskryf as ‘n nederige, toegewyde en karaktervaste jong man. Hy het as lid van die eerste rugbyspan op die rugbyveld uitgeblink, rugbykleure ontvang en ook nasionale sukses in perdesport behaal. As senior leerder in Penryn House het hy jonger leerlinge ondersteun en die respek van sy spanmaats, afrigters en vriende verdien. Volgens St Stithians sal Ethan onthou word vir sy warmte, entoesiasme en vermoë om ander aan te moedig en te ondersteun. Die skool het sy innige simpatie met sy familie, vriende, die matriekklas van 2025 en almal wat oor sy afsterwe treur, uitgespreek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief