Gene Hackman en vrou se dood word ondersoek

Lees ook :

Gene Hackman en vrou se dood word ondersoek fotokrediet: X

SANTE FE, NEW MEXICO. – Die polisie het die dood van akteur, Gene Hackman en sy vrou, Betsy Arakawa, “agterdogtig” genoem en is besig om dit te ondersoek.

Lees ook: Bekende akteur en sy vrou dood gevind in hulle huis

Die paar se ontbindende liggame is Woensdag in hulle huis gevind deur twee werkers wat by die huis was om werk aan die huis te doen.

Arakawa se liggaam is in die badkamer ontdek met voorskrifpille naby haar op die vloer ’n Dooie hond is in die badkamerkas gevind. ’n Verwarmer was naby haar kop geplaas. Nog twee lewende honde was op die eiendom. Hackman se liggaam is in ’n kamer naby die kombuis aangetref, met sy sonbril langs hom.

Daar was geen tekens van ’n inbraak of gaslekke nie.

Die uitslae van die nadoodse ondersoek en toetse om uit te vind of daar dwelms in die oorledenes se liggame was, is nog nie bekend nie. Daar is sover geen tekens van ’n gewelddadige dood aan die liggaam van die gestorwenes gevind nie.

Bronne: The Statesman, Jacaranda FM, The Independent

Lees ook: Bekende akteur en sy vrou dood gevind in hulle huis

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief