SANTE FE, NEW MEXICO. – Die bekende akteur, Gene Hackman (95), sy vrou Betsy Arakawa (63) en hulle hond is almal dood gevind in hulle huis in Sante Fe, New Mexico.
Lees ook: Vier volwassenes toets positief vir hand-voet-en-mondsiekte in KZN
Die liggame van Hackman, bekend vir sy rol as Jimmy “Popeye” Doyle in The French Connection, en sy vrou, is gistermiddag ontdek.
Die polisie het gesê hulle dood word ondersoek maar “in hierdie stadium glo ons nie daar was enige vuilspel nie”.
Daar is nog geen inligting bekend oor hoe hulle dood is nie.
Bronne: BBC, The Mirror, CNN
Lees ook: Vier volwassenes toets positief vir hand-voet-en-mondsiekte in KZN





