Lees ook: Gerhard Ackerman dank regsverteenwoordiger af na vonnisoplegging
ALEXANDRA. – Gerhard Ackerman is verlede week skuldig bevind aan die seksuele aanranding op ’n seun in Augustus 2018.
Ackerman het glo die seun by die Morningside Country Club gedwing om aan sy geslagsdele te vat. Die polisie het gesê Ackerman het tydens swemlesse by die klub ingegaan en na die aantrekkamer gegaan waar ’n groep seuns besig was om aan te trek. Hy het toe aan homself geraak voor die seuns. Hy is deur die sekuriteitswagte konfronteer en het gevlug. Hy is later in hegtenis geneem, maar het gesê dit was iemand anders, selfs al het hy erken hy was die dag van die voorval daar.
Ackerman is in Augustus 12 lewenslange vonnisse opgelê op meer as 700 aanklagtes van ondermeer: mensehandel, verkragting, poging tot moord en die vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie.
Ackerman het gevra vir ’n herverhoor en is ingelig hy moet sy mosie vir ’n herverhoor teen 15 November indien, waarna die mosie op 30 November in die hof aangehoor sal word.
Bronne: IOL, Daily Voice, DFA
Lees ook: Gerhard Ackerman dank regsverteenwoordiger af na vonnisoplegging





