KWAZULU-NATAL. – ‘n Gesonde babaseun is Vrydagmiddag veilig in die Umhlali Baby Box gevind nadat die alarmstelsel geaktiveer is. Spanlede van IPSS Medical Rescue en Project Life SA het vinnig gereageer.
Samantha Meyrick van IPSS Medical Rescue sê die baba, wat warm in kombersies toegedraai was, is deur paramedici ondersoek en gesond bevind. Ná die nodige kennisgewing aan die owerhede is hy vir die naweek in die sorg van ’n liefdevolle gesin geplaas.
IPSS Medical Rescue het ‘n boodskap aan die babaseun se ma: ““Dankie vir die sorg wat jy geneem het toe jy hom veilig in die Baby Box geplaas het, vir die liefde waarmee jy sy veiligheid gekies het in wat seker ’n baie moeilike tyd vir jou moes wees.”
Lees ook meer hier onder: