Lees ook: Persoon wat Jan. miljoene in Powerball-boerpot wen, gesoek
KIMBERLEY. – Bokke wat Sondag van ’n plaas buite Kimberley gesteel is, is naby Kimberley teruggevind.
Altesaam 126 bokke, wat R315 000 werd is, is Sondag van ’n plaas buite Kimberley gesteel. 19 van die bokke ter waarde van R47 000 is daarna op die Griekwastadpad buite Kimberley gevind.
Verdere ondersoeke het gister gelei tot die opsporing van nog 95 bokke ter waarde van R237 000 wat naby Platfontein.
Die bokke se eienaar is in kennis gestel en hy kon die bokke identifiseer aan hulle merke. Die ondersoek duur voort en nog niemand is in hegtenis geneem nie.
Bronne: SAPD
Lees ook: Persoon wat Jan. miljoene in Powerball-boerpot wen, gesoek





