Getuie in Senzo Meyiwa-saak erken hy het inligting van polisie weerhou

Lees ook :

Getuie in Senzo Meyiwa-saak erken hy het inligting weerhou van polisie
Getuie in Senzo Meyiwa-saak erken hy het inligting weerhou van polisie fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Zungu gaan voort met getuienis in Senzo Meyiwa-moordsaak

PRETORIA. – ’n Getuie in die Senzo Meyiwa-moordsaak het tydens kruisverhoor erken hy het inligting wat die moord vroeër sou kon oplos van die polisie weerhou.

Konst. Sizwe Zungu is gister gevra waarom hy nie na vore gekom het toe hy uitgevind het van ’n inhegtenisneming in die moordsaak nie. Adv. Zithulele Nxumalo het gesê die persoon wat in hegtenis geneem is, is verkeerdelik geïdentifiseer wat nie sou gebeur het as Zungu na vore gekom het nie.

Zungu het gesê hy het nie geweet wie in hegtenis geneem was nie en kon nie inmeng by die saak nie. Hy het ook gesê hy was nie by Kelly Khumalo se huis nie.

Hy is gevra hoekom hy nie aan sy senior polisiebeampte gesê het hy was saam met mense wat aan die Meyiwa-moord verbind kan word nie. Hy het glo ook niks gesê toe die beampte vir hom sê hy gaan die saak ondersoek nie.

Zungu het gesê hy was nie seker of hulle betrokke was nie en wou hê die beampte moet na hom toe kom en vir hom sê wat gebeur het. Zungu het glo ook nie vir die ondersoekbeampte gesê van die tyd wat hy met die verdagtes deurgebring het nie.

Bronne: The Citizen, EWN, Mail & Guardian

Lees ook: Zungu gaan voort met getuienis in Senzo Meyiwa-moordsaak

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief