Gewilde ‘Dr. McSteamy’ van Grey’s Anatomy sterf

Lees ook :

Foto: People, Todd Alfred Chamberlain

HOLLYWOOD, VSA. – Eric Dane (53), die Amerikaanse akteur wat wêreldwyd veral bekend is vir sy rol as Mark “McSteamy” Sloan in die gewilde mediese dramareeks Grey’s Anatomy, is Donderdag oorlede. Sy afsterwe kom nadat hy met amiotrofiese lateraalsklerose (ALS), ’n progressiewe neurologiese siekte, ook Lou Gehrig se siekte genoem, gediagnoseer was. Hy het sy stryd teen die siekte openbaar gemaak.

Ten spyte van sy siekte het Dane aangehou werk en onder meer voortgegaan met sy rol as Cal Jacobs in die HBO-trefferreeks Euphoria. Hy het in ‘n hospitaal omring van sy vriende, sy vrou en dogters gesterf. Hy laat sy vrou, die aktrise Rebecca Gayheart, asook hul twee dogters Billie (15) en Georgia (14), agter.

Filmvervaardiger Joe Quintanilla sê: “It is with great sadness that we announce the passing of Eric Dane (November 9, 1972 – February 19, 2026), an accomplished American actor. Following multiple television roles in the 1990s and 2000s, including his recurring role as Jason Dean in Charmed, Dane was cast as Dr. Mark Sloan on the ABC medical drama Grey’s Anatomy (2006–2012; 2021). Subsequently, he appeared in films such as Marley & Me (2008), Valentine’s Day (2010), Burlesque (2010), and Bad Boys: Ride or Die (2024). Eric, your remarkable impact on the entertainment industry will be remembered forever. Your legacy will live on. May you rest in eternal peace.”🙏🏻❤️

Bronne: Sky News, Times of India, Joe Quintanilla, Terrence K Williams, Entertainment Tonight

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief