Godongwana stel verhoogde brandstofheffing voor in derde begroting

Lees ook :

Godongwana stel verhoogde brandstofheffing voor in derde begroting fotokrediet: X

Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het gister (Woensdag) voor die parlement in Kaapstad ‘n verhoogde brandstofheffing in die derde begroting vir hierdie boekjaar aangekondig.

Bronne: Suid-Afrikaanse regering.

Een van die voorstelle wat gemaak is, is ’n inflasie-gekoppelde verhoging in die brandstofheffing. As die voorstel aanvaar word, sal die brandstofheffing van 4 Junie af met 16 sent per liter vir petrol en 15 sent per liter vir diesel styg.

Daar word beoog om R7.5 miljard aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens te allokeer om die doeltreffendheid van sy invorderingsvermoë te verhoog. Godongwana het gesê ‘n deel van die R7.5 miljard sal gebruik word vir die invordering van agterstallige belastingskuld aan die staat. SARS het gesê dit sal tussen R20 miljard en R50 miljard in addisionele inkomste beteken.

Nog ’n deel van die R7.5 miljard sal gebruik word vir modernisering en sal insluit die teiken van onwettige handel in tabak en ander areas wat die inkomste sal verhoog.

Volgens Godongwana sal dit minstens R35 miljard inbring om die tekort in die staatskas aan te vul.

Bronne: Suid-Afrikaanse regering.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief