VRYSTAAT. – Vier verdagtes is vroeër vandag (Woensdag) in Bloemfontein in hegtenis geneem ná ’n transitoroof omstreeks 11:20 in Rudolf Greylingstraat in Navalsig, waar ’n stasiewa volgens die polisie teen ’n kontant-in-transito-voertuig vasgery en plofstof op die voertuig gebruik is. Die verdagtes het moontlik met ’n onbekende bedrag kontant weggekom.
Lt.kol. Thabo Covane, polisiewoordoverder, sê ’n reaksiespan het die verdagtes agternagesit en ’n polisiehelikopter het by die agtervolging aangesluit. Skote is tussen Meadowspad en die R702 na Dewetsdorp uitgeruil.
Volgens die voorlopige verklaring is geen beserings aangemeld nie. Beamptes het die vier verdagtes in die Phase 7-gebied aangekeer nadat hulle ’n wit Ford Ikon agtergelaat het. Die polisie het ook vyf ander verlate voertuie, ‘n Mercedes SUV, ‘n BMW sedan, ‘n Nissan Juke, en twee ander BMW SUV’s in Bloemspruit en die omgewing van Dewetsdorppad opgespoor.
Die soektog na die oorblywende verdagtes duur voort.