AUSTRALIË. – Gout Gout (18) het opslae tydens die Australiese atletiekkampioenskappe in Sydney gemaak, met ‘n tyd van 19.67 sekondes in die 200 m, wat hom as die wêreld se beste o.20-atleet in die item bevestig. World Athletics het die o.20-wêreldrekord bevestig. Die prestasie is as buitengewoon beskryf, met Gout wat nou onder die vinnigste 200 m-atlete in die geskiedenis tel.
World Athletics het dit as “Gout-RAGEOUS indeed” bestempel, terwyl Athletics Australia dit “EVERYTHING AND MORE” genoem het nadat Gout sy nasionale titel suksesvol verdedig en deur die 20-sekonde-grens gebreek het. Usain Bolt se 200 m-wêreldrekord van 19.19 sekondes toe hy 22 jaar oud was in 2009 in Berlyn staan egter nog.
Bronne: World Athletics en





