NDBV waarsku met regsaksie oor voerkrisis by gevangenisplase

Lees ook :

Foto: NDBV

Die nasionale raad van dierebeskermingsvereningings het sy kommer uitgespreek oor ’n herhalende voerkrisis by landbou-gevangenisse regoor Suid-Afrika, waar diere glo weer nie voldoende kos ontvang nie. Indien nodig, sal die NDBV regsaksie oorweeg om die welsyn van diere te beskerm.

Samanta Stelli, NDBV-kommunikasiehoof, sê die organisasie het die kwessie na dr. Pieter Groenewald, die minister van korrektiewe dienste, asook die nasionale kommissaris, verwys nadat verskeie fasiliteite nie daarin geslaag het om gepaste voer vir diere te voorsien nie. Dit volg nadat soortgelyke probleme reeds in 2025 aangemeld is, toe duisende diere weens begrotingsbeperkings geraak is. Volgens Stelli het inspeksies oor die afgelope jaar, saam met plaaslike DBV’s, vroeë tekens van voertekorte uitgewys. Die NDBV het herhaaldelik met die betrokke owerhede kontak gemaak, maar geen terugvoer of doeltreffende optrede is tot dusver bevestig nie.

In sommige gevalle moes diere van kant gemaak word om verdere lyding te voorkom. Die NDBV sê die probleem hou verband met verkrygingsprobleme en beperkte begrotings, wat veroorsaak dat diere nie die nodige sorg en voeding kry nie. Dit kan ’n oortreding van die dierebeskermingswet wees. Die organisasie doen nou ’n dringende beroep op die owerhede om onmiddellik in te gryp en die situasie reg te stel.

Die vorige waarskuwing was op 11 Maart 2025 uitgereik, te midde van kostebesparings wat glo tot voertekorte gelei het. Volgens die NDBV het die kostebesparings veroorsaak dat diere soos varke, beeste, pluimvee, perde en honde nie meer voldoende of geskikte voer ontvang het nie. Volgens die organisasie was voer gerantsoeneer weens tekorte, wat die welsyn van die diere ernstig benadeel het.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief