Griekwastad-moordenaar dalk nie reeds Maart op vrye voet nie

Lees ook :

Foto: Oorl. Marthella Steenkamp Facebook-blad

NOORD-KAAP. – Die besluit om die veroordeelde Griekwastad-moordenaar reeds vanaf 25 Maart op parool vry te laat, hang in die weegskaal en is vir eers opgeskort. Dr. Pieter Groenewald, die minister van korrektiewe dienste, het die besluit vir hersiening verwys.

Deon Steenkamp (44), Christel Steenkamp (43) en Marthella Steenkamp (14) is op 6 April 2012 op die plaas Naauwhoek vermoor. Die enigste oorlewende persoon in die moordtragedie was die Steenkamps se seun. Hy is skuldig bevind en gevonnis.

Die besluit, wat deur die paroolraad in Upington geneem is, sou die oortreder se paroolplasing vanaf 25 Maart 2026 tot die verstryking van sy vonnis op 13 Maart 2034 laat geld. Groenewald het egter bepaal dat die besluit ingevolge die Wet op Korrektiewe Dienste aan die paroolhersieningsraad voorgelê moet word.

Die minister het beklemtoon dat die verwysing nie ’n uitspraak oor die meriete van die saak is nie, maar ’n wettige stap om te verseker dat paroolbesluite behoorlike toesig ondergaan en aan wetlike vereistes voldoen. Die paroolbesluit is intussen opgeskort hangende die uitslag van die hersieningsproses.

Volgens die departement van korrektiewe dienste sal die uitslag van die hersiening bekend gemaak word sodra dit afgehandel is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief