Groter borste ‘n voordeel op 2 wiele?

Lees ook :

Foto: ter illustrasie (Canva)

INTERNASIONAAL. – Die wêreld van vrouefietsry is tans aan die gons oor die beweerde gebruik van “bra-vulling” om die borsarea van vroulike deelnemers te vergroot en die lugvloei om die liggaam te verander. Die omstrede praktyk van chest fairing om die borsarea ast’ware meer vaartbelyn te maak, kan na bewering lugweerstand verminder en deelnemers tydens wedrenne ’n onregverdige voordeel gee.

Volgens deskundiges kan ’n kleiner bors die vorming van ’n soort “lugsak” op die hoogte van die fietsryer se buik bevorder, wat die lugweerstandskoëffisiënt effens verhoog. Bert Blocken, professor in aerodinamika aan Heriot-Watt Universiteit in Skotland, het byvoorbeeld aan die Britse koerant The Telegraph gesê dat chest fairing ’n vermindering in lugweerstand van tot 3,6% kan meebring. ‘n Groter borsvorm verander die lugvloei om die fietsryer se liggaam en kan gevolglik die weerstand verminder.

In ’n sportsoort waarin selfs die geringste voordeel ’n groot verskil kan maak, word hierdie praktyk as ’n onregverdige voordeel beskou.

Bronne: Oddity Central, Wieler Flits, The Telegraph

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief