GASA. – Die Israeliese weermag het bevestig Hamas het drie kiste aan hulle oorhandig wat glo die liggame van gyselaars bevat.
Lees ook: Hamas oorhandig liggame van gyselaars
Die kiste is deur die Rooikruis in ontvangs geneem en na Israel gestuur vir formele identifikasie. Hamas se gewapende eenheid, Al-Qassam Brigades, het gesê die liggame is gister “langs die roete van een van die tonnels in die suidelike Gasa-strook gevind”.
Israel en Hamas het mekaar daarvan beskuldig dat die skietstilstand oortree is. Volgens Hamas is ‘n man in noordelike Gasa gister in ‘n Israeliese lugaanval oorlede. Israel het beweer dit het ‘n militant aangeval wat ‘n dreigement vir hulle soldate ingehou het.
Bronne: BBC, ABC News, Fox News
Lees ook: Hamas oorhandig liggame van gyselaars





