Brekende Nuus
Afrikaans

Brandstofprys daal moontlik Woensdag

Brandstofprys daal moontlik Woensdag

fotokrediet: Canva
Brandstofprys daal moontlik Woensdag fotokrediet: Canva

Goeie nuus vir motoriste is dat die brandstofprys moontlik Woensdag gaan daal.

Lees ook: Brandstofprys kan in November daal

Die nuutste data van die Sentrale Energiefonds dui op ‘n daling in die prys van diesel en petrol. Die prys van 93-oktaan petrol kan met 56 sent per liter daal terwyl die prys van 95-oktaan petrol met 51 sent per liter verminder kan word. Die prys van 0.05%-diesel kan met 22 sent per liter daal en die prys van 0.005%-diesel met 20 sent per liter.

Die departement van energie en minerale hulpbronne sal voor 5 November die amptelik pryse aankondig.

Bronne: IOL, BusinessTech, The Citizen

Lees ook: Brandstofprys kan in November daal