Brekende Nuus
Afrikaans

Koning Charles gaan Andrew van laaste militêre titel stroop

Koning Charles gaan Andrew se laaste militêre titel ook verwyder

fotokrediet: X
Koning Charles gaan Andrew se laaste militêre titel ook verwyder fotokrediet: X

VK. – Die Britse verdedigingsekretaris, John Healey, het gesê die regering “werk daaraan om” Andrew Mountbatten-Windsor van sy laaste militêre titel te stroop op versoek van koning Charles.

Lees ook: Andrew verloor titel as prins en sal uit Royal Lodge trek

Healey het gesê koning Charles het aangedui dit is was hy wil hê moet gebeur.

Andrew het Donderdag sy titel as prins verloor en het nog sy titel as vise-admiraal van die koninklike vloot gehad nadat hy in 2022 sy ander militêre posisies prysgegee het.

Hy het die titel as prins verloor ná druk op die koninklike familie oor Andrew se verhouding met Jeffrey Epstein en nadat Virginia Giuffre se postume memoires vrygestel is. Giuffre, wat vroeër die jaar oorlede is, het Andrew beskuldig daarvan dat hy haar drie keer seksueel aangerand het toe sy 17 jaar oud was. Andrew het die aantygings ontken.

Bronne: BBC, HELLO!, The Straits Times

Lees ook: Andrew verloor titel as prins en sal uit Royal Lodge trek