GASA. – Hamas het nog ‘n kis wat glo die liggaam van ‘n gyselaar bevat aan die Israeliese weermag deur middel van die Rooikruis oorhandig.
Lees ook: Israel bevestig Hamas het liggaam van soldaat oorhandig
Die liggaam is na die nasionale sentrum van medisyne in Tel Aviv vir identifikasie geneem. As dit die liggaam van ‘n gyselaar is, beteken dit nog net ses liggame moet aan Israel oorhandig word.
Israel het voorheen Hamas beskuldig daarvan dat hulle die oorhandiging van die liggame doelbewus vertraag, maar Hamas het aangevoer hulle sukkel om die liggame uit die puin te herwin.
Bronne: BBC, Fox News, Daily Post Nigeria
Lees ook: Israel bevestig Hamas het liggaam van soldaat oorhandig





