Hamas oorweeg VSA se voorstel vir vrede

Lees ook :

Hamas oorweeg VSA se voorstel vir vrede fotokrediet: Canva

GASA. – Hamas het gesê dit oorweeg die voorstel vir vrede wat deur die Amerikaanse president Donald Trump gemaak is.

Lees ook: Malema se vuurwapensaak gaan vandag voort

As Hamas instem tot die plan, sal daar ‘n onmiddellike skietstilstand wees, asook die onttrekking van Israeliese magte tot ‘n “lyn waarop ooreengestem is” en alle gyselaars vrygelaat word. Palestynse gevangenes sal ook vrygelaat word en noodhulp sal in Gasa toegelaat word.

Die plan stel ook voor dat Gasa regeer word deur ‘n oorgangsregering wat Palestynse en internasionale kenners insluit.

Die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, en Donald Trump het albei Hamas gewaarsku oor die gevolge as hulle die nuwe ooreenkoms verwerp. Trump het gesê Netanyahu sal sy volle ondersteuning hê “om te doen wat jy sal moet”.

Bronne: BBC, Daily Mail, Sky News

Lees ook: Malema se vuurwapensaak gaan vandag voort

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief