Hamas stel vrylating van gyselaars uit, blameer Israel

Lees ook :

Hamas stel vrylating van gyselaars uit, blameer Israel fotokrediet: Canva

GAZA. – Hamas het aangekondig die vrylating van nog gyselaars wat Saterdag moes plaasvind, is uitgestel “tot verdere kennisgewing” na dit Israel beskuldig het daarvan dat hulle die skietstilstand oortree het.

Lees ook: SA verwelkom skietstilstandooreenkoms tussen Israel en Hamas

Israel het op sy beurt gesê die uitstel van die vrylatings oortree die skietstilstand en het die Israeliese weermag aangesê om voor te berei vir “enigiets”.

Hamas het gesê Israel het die “terugkeer van die Palestynse  burgers na Gaza vertraag, hulle geteiken met wapens in sekere dele van die Gaza-strook en het nie toegang tot noodvoorraad toegelaat soos ooreengekom nie”.

Volgens Hamas het Israel ook nie tente, huise, brandstof of masjinerie om die rommel op te ruim toegelaat nie. Hamas beweer ook Israel het toegang tot hospitale en medisyne vertraag.

Israel het gesê dit berei die weermag voor en dat dit op die hoogste vlak van gereedheid is. Hamas het gesê die waarskuwing oor die uitstel is betyds gegee sodat Israel hulle gedrag kan aanpas.

Bronne: BBC, CNN, Daily Mail

Lees ook: SA verwelkom skietstilstandooreenkoms tussen Israel en Hamas

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief