GAZA. – Hamas het aangekondig die vrylating van nog gyselaars wat Saterdag moes plaasvind, is uitgestel “tot verdere kennisgewing” na dit Israel beskuldig het daarvan dat hulle die skietstilstand oortree het.
Lees ook: SA verwelkom skietstilstandooreenkoms tussen Israel en Hamas
Israel het op sy beurt gesê die uitstel van die vrylatings oortree die skietstilstand en het die Israeliese weermag aangesê om voor te berei vir “enigiets”.
Hamas het gesê Israel het die “terugkeer van die Palestynse burgers na Gaza vertraag, hulle geteiken met wapens in sekere dele van die Gaza-strook en het nie toegang tot noodvoorraad toegelaat soos ooreengekom nie”.
Volgens Hamas het Israel ook nie tente, huise, brandstof of masjinerie om die rommel op te ruim toegelaat nie. Hamas beweer ook Israel het toegang tot hospitale en medisyne vertraag.
Israel het gesê dit berei die weermag voor en dat dit op die hoogste vlak van gereedheid is. Hamas het gesê die waarskuwing oor die uitstel is betyds gegee sodat Israel hulle gedrag kan aanpas.
Bronne: BBC, CNN, Daily Mail
Lees ook: SA verwelkom skietstilstandooreenkoms tussen Israel en Hamas