Sewe mense is tans buite die Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof in Pretoria met plakkate waar Peet Viljoen vandag weer verskyn.
Joshua van Blommestein, Nuusflits-verslaggewer, is by die hof. Hy sê die mense is daar om Peet te ondersteun, maar “mag nie” met die media praat oor waarom hulle hom ondersteun nie.
Viljoen is vroeër vanjaar in hegtenis geneem nadat hy uit die VSA na Suid-Afrika teruggestuur is. Hy staan tereg op ’n groot aantal klagte, waaronder bedrog en aanklagte wat met diefstal verband hou.
Die saak het reeds wye openbare aandag getrek weens die omvang van die klagte en die omstredenheid rondom Viljoen en sy vrou, Mel Viljoen.
Nuusflits volg die hofverskyning en sal meer besonderhede publiseer sodra dit beskikbaar is.





