TUINROETE. – Die skakelbrug in die Tsitsikamma-afdeling van die Tuinroete Nasionale Park word tans herstel en opgeknap. Dit is om die brug se veiligheid te verseker sodat dit vir toekomstige geslagte steeds gebruik kan word.
Volgens JP Louw, SANParke-woordvoerder, behoort die werk teen einde Junie voltooi te wees. Die brug vorm deel van ’n 2 km-wandelroete met stabiele houtpaadjies en trappe wat geskik is vir besoekers van alle ouderdomme. Sedert 1969 het dit toeriste met skouspelagtige uitsigte oor die Tsitsikamma-woud en die Stormsrivier-kloof betower. Die herstelwerk sluit in die sloop en vervanging van alle superstrukture van die drie brûe, terwyl die ondersteunende substrukture ook herstel word. Verslete beton word verwyder en herbou.
Om te verseker dat besoekers steeds toegang tot die roete het, word die werk in fases uitgevoer. Bruggies 2 en 3 is tans gesluit en sal op 23 Maart weer oopgestel word. Sodra dit gebeur, kan die roete veilig gebruik word, terwyl die hoofbrug van 77 meter van 24 Maart tot 23 Junie gesluit sal wees.
Druk hier om meer te lees.






