Harvey Weinstein ondergaan hartoperasie, verhoor uitgestel

Lees ook :

Harvey Weinstein kry hartoperasie voor hy weer in hof moes verskyn
Harvey Weinstein kry hartoperasie voor hy weer in hof moes verskyn fotokrediet: Wikipedia

Lees ook: Harvey Weinstein in New York vir herverhoor

NEW YORK, VSA. – Die voormalige filmvervaardiger Harvey Weinstein het ’n noodhartoperasie ondergaan ná ’n “massiewe hoeveelheid vloeistof in sy longe” ontdek is. Weinstein is tans in die intensiewesorgeenheid na die operasie wat Sondagaand uitgevoer is.

Die operasie het plaasgevind net dae voordat Weinstein weer in die hof sou verskyn vir sy herverhoor oor bewerings van verkragting en seksuele aanranding. Weinstein, wat in 2018 in hegtenis geneem is, staan tans tereg na meer as 80 vroue hom beskuldig het van seksuele misdrywe.

Sy hofverskyning sal waarskynlik uitgestel word terwyl hy van die operasie herstel.

Bronne: Jacaranda FM, The Independent, New York Times

Lees ook: Harvey Weinstein in New York vir herverhoor

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief