Lees ook: Harvey Weinstein se naam genoem in Jeffrey Epstein-hofdokumente
NEW YORK, VSA. – Harvey Weinstein se skuldbevinding in 2020 vir seksuele aanranding en verkragting is deur die New Yorkse hoogste hof omgekeer.
Weinstein se beskuldigers het met woede reageer na die skuldbevinding omgekeer is. Ashley Judd het gesê dit is onregverdig teenoor sy slagoffers.
Die hoogste hof van appèl het beslis die regter in die oorspronklike saak het ’n fout gemaak deur vrouens te laat getuig terwyl hulle beskuldigings nie deel was van die aanklagtes teen Weinstein nie.
Regter Jenny Rivera het gesê dit was nog ’n fout dat aanklaers Weinstein kon ondervra oor sy ander optredes. Sy het gesê dit het hom sy geloofwaardigheid laat verloor.
Aanklaers het gesê hulle gaan Weinstein weer verhoor vir die verkragting van Jessica Mann en seksuele aanranding van Miriam Haley. Hy bly intussen agter tralies omdat hy skuldig bevind is in ‘n ander saak in Kalifornië.
Bronne: Chronicle, Independent, First Post
Lees ook: Harvey Weinstein se naam genoem in Jeffrey Epstein-hofdokumente





