Het jy geweet daar is nou ‘n derde boek in die Mevrou Smit-reeks?

Lees ook :

Sinopse vir Mevrou Smit se reëls vir goeie gedrag:

Ou geraamtes en nuwe gevare. Mevrou Smit moet haar eie reëls neerlê om te oorleef … ’n Vloed spoel ’n dekades oue geraamte op die oewer van die rivier oop en Aronspoort is weer vasgevang in ’n blyspel van intriges. Mevrou Smit wil die raaisel oplos voor sy weer paaie kruis met daardie lastige Kaapse speurder. Intussen kry Hester die ystervark ’n maat en mevrou Smit se smeulende verhouding met dokter Tomas vat vlam. Maar dit is moeilik om op hartsake te konsentreer terwyl ’n moordenaar koelbloedig die verlede probeer toesmeer. Skuil daar meer agter oom Apie se dood? Wat weet tannie Annatjie en haar heldersiende niggie Hanna? Was die vars sterfte op die dorp werklik ’n ongeluk? En kan die verhouding tussen mevrou Smit en dokter Tomas tot iets lei wat haar uiteindelik op Aronspoort sal anker? 

Elizabeth Wasserman is ’n patoloog bekend vir haar gewilde kinderboekreekse Speurhond Willem, Anna Atoom en die Elf dae reisavonture vir tieners. Haar werk is met die MER-prys, ’n ATKV Woordveertjie en ’n prys van die Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer. Mevrou Smit se reëls vir goeie gedrag is haar derde roman vir volwassenes.

Kliek hier vir meer inligting: https://www.penguinrandomhouse.co.za/book/mevrou-smit-se-reels-vir-goeie-gedrag/9781776380817

*ADVERTENSIE

Lees ook: Los nog ‘n moord op saam met mevrou Smit in ‘Die nege lewens van mevrou Smit’ 

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief