GAUTENG. – Die polisie het tydens ’n intelligensiegedrewe operasie op De Deur ’n hidroponiese daggalaboratorium ter waarde van meer as R1 miljoen ontdek en vyf verdagtes in hegtenis geneem.
Volgens kapt. Tintswalo Sibeko, polisiewoordvoerder, is ’n .303-geweer en ’n 9 mm Glock-pistool tydens die operasie gekonfiskeer. Die toneel is steeds aktief.

Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: