Lees ook: ‘Senzo Meyiwa dood in huurmoord, nie roof nie’
AUSTRALIЁ. – Die modemaatskappy H&M moes ‘n advertensieveldtog in Australië onttrek na mense gekla het die advertensie seksualiseer jong meisies.
Twee baie jong meisies verskyn in skooluniforms in die advertensie met die opskrif: “Laat die koppe draai in H&M se “terug skool toe-klere”.
Mense het oor die advertensie gekla en het gesê die meeste jong meisies wil nie die aandag op hulle voorkoms vestig nie.
H&M het die advertensie verwyder en het om verskoning gevra.
Bronne: DW – South Africa, Sky News, BBC





