Hofbevel toegestaan om R4,7 m. van maatskappy vir maskers terug te eis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

MPUMALANGA. – Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) het ’n hofbevel bekom om die winste van ’n kontrak van R4,73 miljoen, wat onwettig deur die Mpumalanga-departement van gesondheid vir persoonlike beskermingsmiddele aan Tepa Trading and Projects (Pty) Ltd toegeken is, terug te eis.

Die SOE sê in ‘n sosialemediaplasing die spesiale tribunaal het op 30 Oktober die departement se besluit van April 2020 om Tepa Trading aan te stel, ongeldig verklaar en bevind dat dit ongrondwetlik en onwettig was. Die kontrak het gegaan oor die verskaffing van 220 000 drielaag chirurgiese maskers. ’n Ondersoek het getoon dat die departement nie die vereiste regverdige, deursigtige en mededingende proses gevolg het nie. Die tribunaal het bevind dat die kontrak onder meer goedgekeur is deur ’n amptenaar sonder die nodige finansiële mag, wat die proses onwettig gemaak het.

Tepa Trading is verplig om binne 30 dae ’n gedetailleerde, geouditeerde verslag van alle inkomste en uitgawes wat met die kontrak verband hou, in te dien sodat die presiese bedrag wat teruggevorder moet word, bepaal kan word. Hulle is ook aanspreeklik vir die regskoste van die SOE. Die uitspraak is deel van die SOE se volgehoue pogings om openbare fondse wat tydens die Covid-19- nasionale ramp verlore gegaan het, terug te eis. Die SOE beklemtoon dat verskaffers wat nie aan die wetlike vereistes voldoen nie, geen reg het op staatsgeld nie.

Enige bevindinge van moontlike misdaad tydens die ondersoek sal aan die nasionale vervolgingsgesag rapporteer word. Die SOE kan ook siviele optrede in die hooggeregshof of spesiale tribunaal instel om korrupsie, bedrog of wanadministrasie aan te spreek.

Foto: SOE

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief