Israel ontvang nog ‘n kis van Hamas met gyselaar

Lees ook :

Israel ontvang nog 'n kis van Hamas met gyselaar fotokrediet: Canva

GASA. – Die Israeliese weermag het gesê dit het nog ‘n kis ontvang van Hamas wat na bewering die liggaam van ‘n gyselaar bevat.

Lees ook: Hamas oorhandig nog ‘n liggaam aan Israel

Hamas se gewapende eenheid het gesê die liggaam is gister in Khan Younis gekry. Dit is na Israel geneem vir uitkenning.

Hamas het Woensdag die liggaam van die Tanzaniese gyselaar Joshua Mollel aan Israel oorhandig.

Daar is nog vyf liggame van gyselaars in Gasa.

Israel het Hamas daarvan beskuldig dat hulle doelbewus die oorhandiging van die gyselaars vertraag, maar Hamas het gesê dit is moeilik om die liggame in die puin te vind.

Bronne: BBC, PBS, CNN

Lees ook: Hamas oorhandig nog ‘n liggaam aan Israel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief