VK. – Julia Wandelt, die vrou wat beweer het sy is Madeleine McCann, is skuldig bevind aan die teistering van die McCann-familie. Sy is onskuldig bevind op die aanklag van bekruiping.
Lees ook: Jurie besluit oor saak van McCann-familie se bekruiper
Haar ondersteuner, Karen Spragg, is onskuldig bevind aan die teistering en bekruiping van die McCann-familie. Wandelt is tot ses maande tronkstraf gevonnis, maar sal dit nie uitdien nie, omdat sy reeds sedert Februarie in hegtenis was.
‘n Beskermingsbevel is uitgereik om te keer dat Wandelt en Spragg die McCann-familie kontak, Leicestershire besoek of enigiets op sosiale media oor die McCann-familie plaas.
Spragg se beskermingsbevel is geldig vir vyf jaar en Wandelt s’n sal vir ‘n onbepaalde tyd ingestel wees. ‘n Bevel om Wandelt te deporteer, is uitgereik en die staatsekretaris sal besluit of sy in aanhouding sal bly.
Bronne: BBC, The Independent, ABC
Lees ook: Jurie besluit oor saak van McCann-familie se bekruiper

