Lees ook: Agnes Setshwantsho vind na verwagting vandag uit oor borgaansoek
VSA. – Nuwe hofdokumente wat vrygestel is in New Mexico se saak teen Meta beklemtoon Meta se “historiese onwilligheid” om kinders op hulle platforms te beskerm.
New Mexico het Meta in Desember gedagvaar vir hulle mislukking om kinders te beskerm teen seksuele teistering en volwassenes wat foto’s van ‘n seksuele aard by hulle soek.
In die hofdokumente is dit bekend gemaak Meta het al in 2020 geweet van volwassenes wat kinders kontak. Meta het eers in 2021 begin keer dat volwassenes na kinders kan uitreik.
Die hofsaak het ook beweer Instagram doen niks om onbetaamlike kommentaar te verwyder onder plasings deur minderjariges nie.
Meta is ook in Oktober deur 33 ander state gedagvaar omdat hulle glo jong mense skade aandoen.
Mark Zuckerberg en die base van Snap, Discord, TikTok en X sal aan die einde van Januarie voor die VSA se senaat getuig oor kinders se veiligheid op hul platforms.
Bronne: Euronews, Fortune, AP News
Lees ook: Agnes Setshwantsho vind na verwagting vandag uit oor borgaansoek





