KYK: Hond uit diep gat gered

Lees ook :

TSHWANE. – ‘n Hond wat in ‘n stormwaterdrein vasgekeer was, is vanoggend gered.

Hanrie de Bruin, AHAWE-inspekteur (The Agency for Human and Animal Welfare and Empowerment), bygestaan deur Brett Deere, veldbeampte, het op die noodoproep om die hond te red, gereageer.

Die stad Tshwane se nooddienste het hulle by die aankoms op die toneel ontmoet. Nooddienste het Deere gehelp om met ‘n harnas veilig in die diep gat af te sak om die hond te red.

Die hond, wat hulle “Storm” gedoop het, is moontlik beseer na die val van sowat 3-4 meter.

Dit blyk sy was vir ten minste 24 uur in die gat vasgekeer en het op ‘n gladde pyp (die enigste oppervlak wat nie onder vuil water was nie) probeer balanseer.

Na die groot spanpogin, is Storm veilig na ‘n veearts geneem, waar sy tans die nodige sorg en hulp ontvang.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief