Honderde skoolvervoer-voertuie van die pad gehaal

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

In die eerste kwartaal van die jaar is altesaam 1 324 skoolvervoer-voertuie met gebreke landwyd deur owerhede van die pad verwyder. Die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) het kommer uitgespreek oor die groot aantal skoolvervoer-voertuie wat steeds onveilig is en leerlinge se lewens in gevaar stel.

Volgens die korporasie het wetstoepassingsoperasies getoon dat duisende voertuie nie aan padverkeerswette voldoen nie. Van die 6 120 voertuie wat ondersoek is, is 4 035 oortredings aangeteken. Dit sluit voertuie wat oorlaai word, die vervoer van leerlinge sonder veiligheidsgordels en onwettige vervoermetodes in. Baie voertuie het ook nie die nodige permitte gehad nie, terwyl sommige bestuurders nie geldige bestuurslisensies kon toon nie. In 36 gevalle kon bestuurders nie hul professionele bestuurspermitte voorlê nie.

Die meeste oortreders was tussen 18 en 35 jaar oud, gevolg deur die ouderdomsgroep 35 tot 45 jaar. Verder is verskeie tegniese gebreke by voertuie gevind, insluitend probleme met bande, remme en agterligte. Altesaam 155 voertuie was nie gelisensieer nie, terwyl 805 beboet is vir oorlading van passasiers.

Die RTMC sê hy werk saam met die departement van vervoer, provinsiale owerhede en munisipaliteite om strenger op te tree teen onveilige skoolvervoer-voertuie, veral tydens die winterpadveiligheidsveldtog.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief