Die Wes-Kaapse hooggeregshof het die uitspraak in die DA en EFF se aansoek om die BTW-verhoging te keer, tot 29 April uitgestel.
Lees ook: Aansoeke oor BTW-verhoging vandag in die hof
Beide partye voer aan die aanvaarding van die fiskale raamwerk was onwettig en teen die grondwet. Die DA en EFF wil hê die BTW-verhoging moet gestop word voor dit op 1 Mei ingestel word.
Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het gesê die BTW-wet laat hom toe om die BTW tydelik met die parlement se goedkeuring binne 12 maande aan te pas. Die regspan vir die parlement het gesê alle prosesse is gevolg om die BTW-verhoging goed te keur.
Die DA het gesê die BTW-verhoging moet heeltemal geskrap word, asook deel 74 van die BTW-wet wat die minister van finansies toelaat om BTW aan te pas, omdat dit hom te veel mag gee.
Die EFF het voorgestel dat Godongwana belasting instel op mense wat tydens apartheid ryk geword het.
Bronne: SABC News, ECR, BusinessTech





