Sinopse: Jou vyand is nader as wat jy dink.
Professor Nino Everhard word op sy kombuisvloer wakker met bloed oral. Iemand het ingebreek en hom en sy vrou, Willemien, aangeval, maar niks gesteel nie. Wat wou die aanvaller hê? Nino weet dit was nie toeval nie. Hy is uitgekies. Iemand wou vir hom ’n boodskap stuur. Op sy speurtog na antwoorde lei die leidrade hom op ’n kronkelpad deur sy verlede na die skadukant van die samelewing. Elke tree nader aan die waarheid is ook ’n tree nader aan lewensgevaar. Sal Nino die antwoorde kry waarna hy soek? En hoeveel van sy eie duiwels gaan hom langs die pad inhaal? Die beweging van bloed is ’n naelbytspanningsverhaal wat jou laat raai tot die einde.
Pieter Stoffberg is ’n prokureur en skrywer van Ermelo. Sy kortverhaalbundel Die hart van ’n hond is met die Eugène Marais-prys bekroon. Die beweging van bloed is sy derde roman.
Kliek hier vir meer inligting: https://www.penguinrandomhouse.co.za/book/die-beweging-van-bloed/9781776380770
*ADVERTENSIE
Lees ook: As Klippe Kon Praat deur Connie Luyt vat jou op ‘n reis van verlies maar ook hoop