Brekende Nuus
Misdaad

KYK: Inbraak gestuit, verdagte in motorhuis aangekeer

Foto: SJC Security Services

WES-KAAP. – ’n Huisbraak in Protea Heights, Brackenfell, is vroegoggend gestuit toe ’n private veiligheidsbeampte ’n vermeende inbreker in ’n motorhuis aangekeer het.

Volgens SJC Security Services is die diens kort voor 08:00 ontbied nadat inligting ontvang is dat ’n vermeende inbreker steeds in ’n woning was. Drie jong kinders was in daardie stadium saam met die inwoner in die huis. Die veiligheidsbeampte het binne minute opgedaag. Die motorhuis is oopgemaak, waarna die verdagte in hegtenis geneem en aangehou is totdat die polisie opgedaag het.

Geen items is glo gesteel nie. Die inwoner het ’n saak van huisbraak geopen.