Lees ook: Geen beserings na tref-en-trap-ongeluk in KZN
DAWNCREST, KZN. – ’n Huisbraak-verdagte (26) is gister deur die Reaksie-eenheid SA (Rusa) in Dawncrest in hegtenis geneem.
Dit was na die verdagte se ma die polisie gebel het na hy glo by hulle bure se huis ingebreek het. Die ma het vertel haar seun is verslaaf aan heroïen en dat sy hom geld gegee het vir brood, maar hy het dwelms gekoop daarmee. Na sy geweier het om hom weer by hulle huis te laat inkom, het hy glo by die bure se huis ingebreek om iets te steel wat hy kan verkoop om brood te koop.
Daar was niemand by die bure se huis om ‘n klag te maak teen die verdagte nie, dus is hy vrygelaat.
Bronne: Facebook





