WES-KAAP. – Vrae word gevra oor die bevordering en aanstelling van ’n polisie-offisier wat glo in ‘n hangende strafsaak aangekla en op borgtog vrygelaat is.
Ian Cameron, voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee oor polisie, sê die polisie-offisier is van luitenant-kolonel tot kolonel bevorder en van ’n waarnemende stasiebevelvoerder tot ’n permanente stasiebevelvoerder aangestel. Volgens Cameron is die offisier op borgtog en word hy in ’n strafsaak aangekla. Cameron wil weet wie die bevordering en aanstelling goedgekeur het, of die hangende strafsaak tydens die proses in ag geneem is en watter integriteitskontroles uitgevoer is.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: