Insleepvoertuig bots met 2 voertuie – 1 sterf, 6 beseer

Lees ook :

Foto: KwaZulu Private Amulance Service

KWAZULU-NATAL. – ‘n Botsing tussen ‘n insleepvoertuig en nog twee voertuie het Dinsdagaand die lewe van een persoon in ‘n brandende voertuig geëis terwyl ses ander beseer is. Die insleepvoertuig was volgens aanvanklike inligting onderweg na ‘n ongeluk op die R56, te Brixhamstraat in die Northdale-gebied naby Richmond Crest, toe beheer glo verloor is en dit met die twee voertuie gebots het.

Craig Botha van KwaZulu Private Ambulance Service sê nooddienste is na 18:00 na die toneel ontbied. Met aankoms was een voertuig reeds in vlamme gehul. Daar is probeer om met beskikbare water van die ambulans te probeer keer dat die brand verder versprei. Een persoon was in die brandende voertuig vasgekeer en is op die toneel dood verklaar. Twee mense het ernstige beserings opgedoen, waaronder brandwonde en moontlike ruggraatbeserings, terwyl vier ander lig beseer is. Die beseerdes is op die toneel behandel en daarna vir verdere behandeling na verskeie hospitale geneem.

Die ongeluk word deur owerhede ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief