Internasionale Geregshof beslis of dit jurisdiksie het vir volksmoordsaak teen Rusland

Lees ook :

Internasionale Geregshof beslis of dit jurisdiksie het vir volksmoordsaak teen Rusland
Internasionale Geregshof beslis of dit jurisdiksie het vir volksmoordsaak teen Rusland fotokrediet: Canva

Lees ook: Internasionale Geregshof beveel Israel om volksmoord te voorkom

DEN HAAG. – Die Internasionale Geregshof beslis Vrydag of dit die jurisdiksie het om die volksmoordsaak teen Rusland aan te hoor.

Oekraïne het in 2022 ‘n volksmoordsaak teen Rusland in die Internasionale Geregshof gebring. Rusland het beswaar gemaak teen die aantygings en het die hof se jurisdiksie om die saak aan te hoor, bevraagteken.

Die hof het Rusland in Maart 2022 beveel om hulle militêre operasies in Oekraïne op te skort, ‘n bevel wat hulle ignoreer het.

Altesaam 32 lande het verklarings ingedien om Oekraïne te ondersteun, wat deur die hof aanvaar is. Suid-Afrika is nie een van die lande nie.

Bronne: EWN, Reuters, The Tribune

Lees ook: Internasionale Geregshof beveel Israel om volksmoord te voorkom

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief