Lees ook: Suid-Afrika weer na internasionale geregshof oor Israel
DEN HAAG. – Die Internasionale Geregshof sal Donderdag en Vrydag sittings hou oor Suid-Afrika se aansoek aangaande Israel se aanval op Rafah.
Suid-Afrika het hulle weer tot die hof gewend vir addisionele noodmaatreëls teen Israel namate Israel Rafah in die suide van Gaza aanval. Die land wil hê daar moet meer beskerming wees vir die Palestynse burgers in Gaza en Rafah. Hulle wil ook hê Israel moet gedwing word om die offensief in Rafah te staan ek hulle weermag te onttrek.
Suid-Afrika sal môre van 15:00 tot 17:00 hulle argumente voor die hof lê terwyl Israel Vrydag van 10:00 tot 12:00 hulle kant van die saak sal kan stel.
Bronne: IOL, Tasnim News Agency, The Paper
Lees ook: Suid-Afrika weer na internasionale geregshof oor Israel