Lees ook: Israel val Rafah in, beheer nou grens met Egipte
DEN HAAG. – Suid-Afrika het hom Vrydag weer na die internasionale geregshof gewend om te versoek dat Israel beveel moet word om dadelik die “volksmoord” teen Palestynse burgers in Gaza en Rafah te staak.
Die regering eis ook dat Israel dadelik alle soldate moet onttrek en militêre aksie moet opskort sodat noodhulp die mense in Gaza en Rafah kan bereik.
Suid-Afrika het ook gevra dat Israel verslag aan die internasionale geregshof lewer oor die maatreëls wat hulle toepas om die hof se voorlopige maatreëls na te kom.
Die regering het gesê die nuwe aansoek volg na Israel begin het om Rafah in te val.
Egipte het ook aangedui dit gaan Suid-Afrika se volksmoordsaak teen Israel in die internasionale geregshof formeel ondersteun. Die land se regering het gesê die besluit volg na die toename in Israeliese aanvalle teen Palestynse burgers in Gaza.
Bronne: CAJ News SA, Business Live, Daily Sabah





