Internasionale lugrederye nou vry van BEE-lisensiëringsvereistes in SA

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

Internasionale lugrederye wat in Suid-Afrika sake doen, hoef voortaan nie meer aan swart ekonomiese bemagtigingsvereisgtes (SEB) te voldoen vir die verkryging of hernuwing van lugdienslisensies nie. Dit kom ná ’n hofbeslissing in die hooggeregshof in Pretoria.

Die hofsaak is deur Sakeliga gevoer en volgens die uitspraak is die Internasionale Lisensieraad vir Lugdienste (IASC) se praktyk om BEE- en rasgebaseerde kriteria by lisensieaansoeke te oorweeg, onregmatig verklaar en tersyde gestel. Die hof het bevind dat lisensie-aansoeke slegs op grond van bestaande wetlike kriteria soos veiligheid, operasionele vermoë en regulasies ingevolge die wet op internasionale lugdienste beoordeel moet word. Volgens Sakeliga beteken die uitspraak dat internasionale passasiers- en vraglugrederye voortaan sonder BEE-vereistes kan aansoek doen om lisensies, terwyl bestaande lisensies ook sonder sulke voorwaardes hernu kan word.

Die organisasie sê die uitspraak stuur ’n sterk boodskap aan internasionale ondernemings en regerings dat rasgebaseerde regulatoriese vereistes in Suid-Afrika suksesvol in die hof uitgedaag kan word waar dit nie wettig ondersteun word nie. Sakeliga het die saak geloods ná klagtes dat die lugvaartreguleerder reeds sedert 2023 BEE-vereistes in lisensiëringsprosesse begin toepas het, ten spyte daarvan dat dit nie uitdruklik in wetgewing voorsien word nie.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief