Brekende Nuus
Afrikaans

Iran se president dood in helikopterongeluk

Iran se president dood in helikopterongeluk

fotokrediet; Wikipedia
Iran se president dood in helikopterongeluk fotokrediet; Wikipedia

Lees ook: Israel sê drie gyselaars se liggame gevind

IRAN. – Die Iranse president, Ebrahim Raisi, is dood in ’n helikopterongeluk. Die land se minister van buitelandse sake, Hossein Amir-Abdollahian, is ook in die ongeluk dood.

Nege mense het gister in die ongeluk omgekom. Hulle liggame word na Tabriz vervoer.

Raisi en Amir-Abdollahian was op pad terug van ’n damopeningseremonie aan die grens met Azerbaijan.

Die vise-president, Mohammad Mokhbar, sal vir eers die rol as president oorneem tot ‘n verkiesing binne 50 dae plaasvind.

Bronne: CNN, IOL, Sky News

Lees ook: Israel sê drie gyselaars se liggame gevind