Brekende Nuus
Afrikaans

Irannees dood na hy Iran se verlies in wêreldbeker vier

Hy is glo in die kop geskiet deur sekuriteitsmagte omdat hy gevier het dat Iran verloor het.

Iranse man dood na hy Iran se verlies in wêreldbeker vier
Iranse man dood na hy Iran se verlies in wêreldbeker vier fotokrediet: News18

Volgens ’n menseregtegroep is ’n Iranse man deur sekuriteitsmagte doodgeskiet na hy Iran se verlies teen die VSA in die Sokkerwêreldbeker gevier het.

Iran is Dinsdag by die wêreldbekertoernooi uitgeskakel deur die VSA. Dit het gemengde reaksie veroorsaak.

Mehran Samak (27) is doodgeskiet toe hy sy motor se toeter in in Bandar Anzali gedruk het. Hy is glo in die kop geskiet deur sekuriteitsmagte omdat hy gevier het dat Iran verloor het.

Bronne: IOL, i24News, News18

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Al meer as 300 dood in Iran-optogte