Lees ook: Vrou 74 keer geslaan in Iran na sy weier om hijab te dra
Iran. – ’n Iranse vrou is verlam na sy glo deur die polisie geskiet is toe hulle haar motor wou voorkeer omdat sy sonder ’n kopbedekking gery het.
Arezoo Badri het op 22 Julie in Noor, Iran, gery toe die polisie haar wou voorkeer omdat sy glo gery het sonder om haar hare te bedek. Sy het glo nie stilgehou nie en die polisie het op die motor geskiet.
’n Polisiehoof in Noor het bevestig die polisie het op ’n bestuurder wat nie wou stilhou nie, geskiet, maar het nie bevestig dat dit Badri was nie.
Badri is in ’n streng bewaakte militêre hospitaal in Tehran. Volgens die BBC mag haar familie net vir kort rukkies by haar kuier en is verbied om foto’s of video’s van haar te neem.
Bronne: The Independent, Mirror, First Post
Lees ook: VSA stuur duikboot na Midde-Ooste na kommer oor Iran-aanval toeneem





