Lees ook: Israel verskerp ontruiming in Gaza na aanval op skool
MIDDE-OOSTE. – Die VSA het ‘n begeleide missiel-duikboot na die Midde-Ooste gestuur ter voorbereiding vir ‘n aanval op Israel deur Iran en Hezbollah.
Die VSA het ook verskeie militêre personeel, oorlogskepe en wapens na die Midde-Ooste ontplooi. Israel het aangekondig dit verwag Iran gaan Donderdag ‘n aanval loods.
Iran en Hezbollah sal na verwagting weerwraak neem vir die moorde op Hezbollah- en Hamas-leiers in Beiroet en Tehran.
Bronne: The Telegraph, The National, NBC News
Lees ook: Israel verskerp ontruiming in Gaza na aanval op skool





