Is suurdeeg glutenvry?

Lees ook :

Sukkel jy met glutensensitiwiteit en wonder jy of suurdeeg glutenvry is? Voedingkundiges se antwoord is nee.

Martha Stewart weerlê die mites oor hierdie alomteenwoordige koolhidraat met ’n artikel deur Randi Gollin https://www.marthastewart.com/author/randi-gollin op haar webtuiste, https://www.marthastewart.com/

Sien ook: Is Sourdough Really Gluten-Free? Nutritionists Explain

Dokter, kenner en woordvoerder vir die Akademie vir Voeding en Dieetkunde, John Wesley, sê: “Glutenvrye suurdeeg bestaan, maar dit is ’n ander produk.”

Vir suurdeeg om te kwalifiseer as glutenvry, moet dit  met gesertifiseerde glutenvrye graan soos quinoa, giers of bokwiet gemaak word. Verder moet die produk ook sonder kruisbesmetting vervaardig word.

Alhoewel die fermentasieproses die suurdeegbrood makliker verteerbaar maak en die glukemiese indeks verlaag, verwyder dit nie heeltemal die gluten nie. Tradisionale resepte bevat tradisionele koring-, rog- of garsmeel wat steeds gluten bevat.

Suurdeeg is ideaal vir mense met ’n ligte glutensensitiwiteit, maar dit verskil van persoon tot persoon, meen kenners. Die produk kan egter ook beter vir bloedsuikerbeheer wees en bevat voordelige bakterieë vir dermgesondheid. Dus kan suurdeeg ’n opsie wees indien jy aan prikkelbare dermsindroom (IBS) ly.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief